top of page

Polisie waarsku teen ’n vals WhatsApp-boodskap

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 26
  • 1 min read

Die polisie het inwoners van Gauteng verseker dat ’n WhatsApp-boodskap oor ’n sogenaamde staking op Maandag 26 Mei vals is en geïgnoreer moet word. Volgens TimesLIVE beweer die boodskap onder meer dat snelweë gesluit en skole en winkels geteiken sal word. Nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, sê daar is geen rede tot paniek nie. Hy waarsku mense om op te hou om vals inligting te versprei. Die publiek word versoek om die boodskap nie aan te stuur nie. As voorsorgmaatreël bly die polisie saam met ander wetstoepassers op hul hoede. Masemola sê alle skole, besighede en dienste sal normaal funksioneer en dat enige wetteloosheid streng hanteer sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page