top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie wag op DNS om joernalis en maat se identiteit te bevestig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 10, 2025
1 min read

Die polisie wag steeds vir DNS-uitslae om die moontlike identiteite van ‘n joernalis en sy lewensmaat, wie se liggame in Limpopo ontdek is, te bevestig. Een van vyf verdagtes, wat in verband met die slagoffers se verdwyning in hegtenis geneem is, het die polisie na Rust De Winter gelei en oorskot uitgewys wat volgens hom dié van die paartjie is. Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê owerhede wag vir DNS-uitslae om hierdie inligting te bevestig. Die Pretoriase joernalis Aserie Ndlovu en sy lewensmaat Zodwa Mdhluli het in Februarie vermis geraak. Twee van die verdagtes sal Maandag na die hof terugkeer.

 
 
 

Comments


bottom of page