top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisiebeampte in tronk met dwelms betrap

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 29, 2025
1 min read

’n Polisiebeampte wat met ’n juweliersrooftog van R20 miljoen verbind word, is weer in die moeilikheid met die gereg - nadat hy met dwelms betrap is. Eyewitness News berig die polisie sê 200 mandrax-tablette is by die Kaapstadse Pollsmoor-gevangenis, in Jacobus Groenewald, se besit gevind. Groenewald en sy mede-beskuldigdes word van roof met verswarende omstandighede aangekla nadat die mans glo in September verlede jaar juweliersware uit ‘n huis gesteel het. Al die beskuldigdes behalwe Groenewald is borgtog van R3 000 elk toegestaan. Tydens sy borgtogaansoek in die roofsaak is Groenewald as 'n agbare beampte, wat alles volgens die boek doen, bestempel.

 
 
 

Comments


bottom of page