top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisiebeamptes in Harrismith in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 31, 2025
  • 1 min read

Drie polisiebeamptes is deur die Vrystaatse Antikorrupsie-eenheid in Harrismith in hegtenis geneem en het op die dorp se landdroshof verskyn. Die beamptes het glo probeer om ’n klaer met R1 000 om te koop om die saak te laat vaar, maar die klaer het geweier. Volgens ’n polisieverklaring volg die in inhegtenisname op 'n voorval op 21 Desember 2023 waar die klaer sy bankkaart by 'n outomatiese tellermasjien vergeet het. 'n Polisiebeampte het die kaart glo geneem en hy is saam met sy kollegas later op video vasgelê waar hulle moontlik met die gesteelde kaart alkohol gekoop het. Die verdagte beamptes is Konstabel Tumelo Mokone, Sersant Lucky Kubheka en Sersant Tieho Tieho.

 
 
 

Comments


bottom of page