top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisiebeamptes is tydens ‘n dwelmoperasie in Heidedal aangeval

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 17
  • 1 min read

Polisiebeamptes moes glo honde, klippe en 'n woedende skare trotseer tydens 'n dwelmoperasie in Joe Slovo in Heidedal.


Volgens 'n mediaverklaring van die polisie het lede van die Provinsiale Anti-Bende-eenheid 'n deursoekingslasbrief by 'n woning uitgevoer toe die eienaar na bewering sy pitbull-honde op beamptes losgelaat het.


Nadat dwelms en kontant op die perseel gevind is, het 'n groep inwoners glo die polisie met klippe bestook en verskeie staatsvoertuie beskadig.


Die polisie moes uiteindelik skokgranate en rubberkoeëls gebruik om die skare uiteen te jaag en die toneel te beveilig.


Vier verdagtes tussen die ouderdomme van 20 en 51 jaar is in hegtenis geneem op aanklagte wat onder meer dwelmhandel, kwaadwillige saakbeskadiging en die aanranding van polisiebeamptes insluit.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page