top of page

Polisiebetrokkenheid by veediefstal wek kommer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 5
  • 1 min read

Die betrokkenheid van sogenaamde beskermers van die landbougemeenskap by veediefstal is uiters kommerwekkend.

Dit volgens hoofwoordvoerder oor gemeenskapsveiligheid by AfriForum, Jacques Broodryk, ná die inhegtenisneming van 'n lid van die veediefstaleenheid in Standerton, konst. Siyabonga Cindi. Hy het in die hof verskyn op aanklag van diefstal van nagenoeg R450 000 se beeste.

Maroela Media berig AfriForum eis ʼn amptelike nasionale ondersoek na polisiebetrokkenheid by veediefstal.

Broodryk sê dit is noodsaaklik omdat Cindi se geval nie uniek is nie. Onder andere is vyf Vrystaatse polisielede in 2021 in hegtenis geneem op aanklag van veediefstal, meineed en regsverydeling.

In 2019 het Vrystaatse boere ʼn verslag aan die Valke voorgelê met omvattende inligting rakende ʼn georganiseerde veediefstalsindikaat. Cindi se borgtogaansoek is tot 29 September uitgestel.

 
 
 

Comments


bottom of page