Polisiebevorderings is 'n 'vroeë Kersgeskenk'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 21, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het meer as 9 540 beamptes tot hoër range bevorder, en beskryf die skuif as ’n vroeë Kersgeskenk.
Die bevorderings, wat vroeër hierdie maand in werking getree het, is daarop gemik om die moraal en welstand van polisiebeamptes te verhoog. Die lede wat voordeel uit die graadvorderingsproses trek, is dié wat al vir 10 jaar of langer in ’n rang is.
Volgens 'n polisiewoordvoerder, Brigadier Athlenda Mathe, hoop hulle die bevorderings sal tot verhoogde produktiwiteit en algehele werkstevredenheid lei.
Mathe voeg by bevorderings is vir duisende ander beamptes nog hangend, en sal binnekort aangekondig word.







Comments