Polisiehoof Senzo Mchunu op verpligte verlof geplaas
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 14
- 1 min read
Die minister van polisie, Senzo Mchunu, is op verpligte verlof geplaas.
President Cyril Ramaphosa het Sondagaand dié besluit bekend gemaak nadat die provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, ernstige bewerings gemaak oor die bestaan en werking van 'n gesofistikeerde misdaadsindikaat wat na bewering wetstoepassings- en intelligensiestrukture in Suid-Afrika geïnfiltreer het. Hy het beweer Mchunu is hierby betrokke.
Netwerk24 berig 'n professor in die regte aan die Universiteit van die Witwatersrand, Firoz Cachalia, sal in Augustus in Mchunu se plek waarneem. Tot dan sal iemand van binne Ramaphosa se kabinet waarneem.
Ramaphosa het 'n kommissie van ondersoek in die lewe geroep om Mkhwanazi se bewerings te ondersoek. Dit sal onder die voorsitterskap van waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga gelei word.
LUISTER:





Comments