top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisiekonstabel in Bultfontein doodgesteek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 24, 2024
1 min read

Die Valke in die Vrystaat ondersoek ‘n moordsaak nadat ‘n polisiekonstabel in Bultfontein met ‘n skerp voorwerp doodgesteek is. SABC-nuus berig die slagoffer en sy span het gereageer op ‘n klagte oor ‘n bakleiery in Bultfontein. Hy is glo die gesig gesteek en is op die toneel dood verklaar. Drie verdagtes wat in ‘n huis weggekruip het en dit daarna aan die brand gesteek het, is deur ‘n lede van ‘n polisieversterkingspan doodgeskiet. Die Valke se woordvoerder, Zweli Mohobeleli, sê die dood van die drie verdagtes kan moontlik na die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat verwys word.

 
 
 

Comments


bottom of page