top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisielede en ’n supermarkwerknemer is tydens ’n skietgeveg beseer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 5
  • 1 min read

Twee polisielede en ’n supermarkwerknemer is tydens ’n skietgeveg met vermeende sake-rowers by ’n kettingsupermark in Ficksburg in die Vrystaat beseer. Een vermeende rower is noodlottig gewond.


Polisiewoordvoerder adjudantoffisier Mmako Mophiring sê met die polisie se aankoms ná 'n noodoproep oor 'n sakeroof het lede van die publiek in paniek uit die winkel gevlug.


Die verdagtes het glo op die polisie losgebrand, en die beamptes het teruggeskiet. Ná die skietery is ’n onbekende man op die sypaadjie aangetref met ’n noodlottige skietwond. Ammunisie en ’n 9 mm-pistool waarvan die reeksnommer afgevyl is, is langs die oorledene gevind.


Die oorblywende verdagtes het te voet gevlug.


Die presiese hoeveelheid verdagtes wat betrokke was en of enige kontant gesteel is, word nog ondersoek. Geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page