Polisielede het steeds nie lyfkameras nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 20
- 1 min read
Die bekendstelling van lyfkameras vir polisielede is steeds nie in plek nie, ondanks ’n vroeëre teiken wat reeds verby is.
Volgens Maroela Media word die Suid-Afrikaanse Polisiediens nou skerp gekritiseer oor die vertraging.
Die Demokratiese Alliansie sê die sperdatum van April 2025 is stil-stil gemis, sonder enige duidelike rede van die minister van polisie, Firoz Cachalia. Die party waarsku dat die uitstel ’n ernstige impak het op hoe sake ondersoek en vervolg word.
Volgens die DA se woordvoerder vir veiligheid en geregtigheid, Mzamo Billy, skep die gebrek aan kameras ’n leemte in betroubare bewyse.
Hy voeg by dat dit nie net geregtigheid kniehalter nie, maar ook eerlike beamptes kwesbaar laat vir vals beskuldigings.
Syfers wys dat byna 1 000 verdagtes die afgelope twee jaar tydens polisie-optredes oolede is, terwyl 31 beamptes in dieselfde tydperk in die uitvoering van hul pligte gesterf het.








Comments