top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisielede moet hof toe vir beweerde moord

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 28
  • 1 min read

Nege polisielede van Bultfontein in die Vrystaat wat teregstaan op vier aanklagte van moord, insluitend dié op ’n medepolisielid, sal op 20 Julie vir die eerste keer in ’n voorverhoor in die rondgaande hooggeregshof in Welkom verskyn.


Dit is in verband met ’n skietvoorval in September 2024 toe hulle op ’n beweerde huishoudelike geskil gereageer het.


Netwerk24 berig 'n woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), Phaladi Shuping, sê beskuldigdes is almal verbonde aan die polisie in Bultfontein se eenheid vir openbare orde.


Opod het die beskuldigdes op 11 April vanjaar in hegtenis geneem en hulle is twee dae later op borgtog van R3 000 elk vrygelaat. Daar is vroeër berig ál nege lede wil skuld ontken.


Lede van Bultfontein se eenheid vir openbare orde het in 2024 gereageer op ’n klag in die Phahameng-township by Bultfontein in verband met familielede wat glo in ’n rusie betrokke was. Die mense het hulself glo in die huis toegesluit en alle toegangspunte versper toe die polisielede hulle in hegtenis wou neem. Die lede het die huis toe na bewering binnegedring en hul vuurwapens afgevuur. Drie burgerlikes en een polisiebeampte is op die toneel dood.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page