top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisieman vas na beweerde diefstal met werksmotor

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 9, 2024
1 min read

In die Oos-Kaap is ‘n polisieman in die Queenstown streek gearresteer vir beweerde diefstal van vier bokke. Netwerk 24 berig dat hy glo die bokke in sy staatsvoertyg vervoer het.  Die bokke se beraamde waarde is R11 000. Die beweerde polisie-veedief het ook blykbaar ‘n ooggetuie omgekoop om stil te bly. Die saak is uit gestel tot 17 Oktober. Die Oos-Kaapse polisiekommisaris het die gemeenskapslede bedank wat vorentoe gekom het en die publiek verseker dat die polisie alle kurrupsie sal uitroei.

 
 
 

Comments


bottom of page