Politici moet uit die sake van koninklike huise bly
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 22
- 1 min read
Tradisionele leiers het ‘n beroep op politici gedoen om op te hou om in die sake van koninklike families vir hul eie selfsugtige belange in te meng. Tradisionele leiers het hierdie week ‘n driedaagse imbizo in Boksburg gehou. Die byeenkoms het kommer uitgespreek oor politici wat te betrokke by die opvolgingsgevegte van sommige koninklike families is. Die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-leiers sê ook dat hulle wil hê dat die minerale in landelike gebiede gemeenskappe en nie politici bevoordeel nie.





Comments