Politici se VIP-beskerming moet verminder word
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 25, 2025
- 1 min read
Build One South Africa (Bosa) het die parlement versoek om VIP-beskerming vir politici te verminder en in die verskaffing van behoorlike polisiëringsdienste vir die mense te belê. Bosa-leier, Mmusi Maimane, sê dit sal meer beamptes aanspoor om die gemeenskappe te dien. Hy het gister die parlement toegespreek en sy kommer oor die afname in polisielede sedert 2012 uitgespreek. Volgens Maimane is daar vandag ongeveer 180 000 befondsde poste in die Suid-Afrikaanse Polisiediens in vergelyking met 197 000 poste in 2012.






Comments