top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Politiek druk om Bloemfontein se waterkrisis op te los

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 12, 2024
1 min read

Bloemfontein sukkel al drie weke met ’n waterkrisis wat die Mangaung Metro Munisipaliteit aan kragonderbrekings en herstelwerk toeskryf. Om watervoorsiening te verseker, is waterrantsoenering vir die Brandkop-stelsels aangekondig, terwyl watertenkwaens na gemeenskappe gestuur word. AfriForum en die DA meen dat politieke druk die probleem vinniger kan oplos. Maroela Media berig AfriForum se Christo Groenewald beskryf die toestande as onaanvaarbaar en bevestig dat ’n klagte by die Menseregtekommissie ingedien is, met verdere regstappe wat moontlik kan volg. LEES MEER: Duisende Bloemfonteiners is reeds dae sonder water DA-raadslid André Snyman kritiseer die aankondiging van nuwe behuisingsprojekte terwyl bestaande projekte onvoltooid bly. Die party monitor die Mangaung Metro Munisipaliteit se mislukkings en eis dringende optrede om die situasie te verbeter.

 
 
 

Comments


bottom of page