Politieke partye is gewaarsku om nie die stemproses te ontwrig nie

Nov 3
1 min read
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het politieke partye gewaarsku om nie die stemproses te ontwrig nie.
Suid-Afrikaners het Maandag begin om hul spesiale stemme uit te bring, terwyl die gewone stemmery Woensdag plaasvind.
Die OVK sê partye word verbied om by stemlokale veldtogte te voer, kiesers te intimideer of hulle te probeer beïnvloed.
Die kommissie doen ook ’n beroep op kiesers en verteenwoordigers van politieke partye om die stemreëls na te kom.










Comments