top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Politieke partye kritiseer grootliks voorgestelde BTW-verhoging

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 13, 2025
1 min read

Politieke partye het grootliks die voorgestelde BTW-verhoging van een persentasiepunt oor die volgende twee jaar, gekritiseer. Die BTW-verhoging is Woensdag in die Minister van Finansies, Enoch Godongwana se begrotingsrede bekend gemaak. SABC-nuus berig die ACDP se woordvoerder, Steve Swart, sê hulle glo daar is ander alternatiewe as die BTW-verhoging, insluitend om die 800 miljard rand in te vorder wat aan die Inkomstediens verskuldig is. Die UDM se hoofsweep het kommer uitgespreek dat daar vir twee agtereenvolgende BTW-verhogings begroot word, ondanks planne dat die ekonomie moet groei. Die MK-party sê die verhoging in BTW gaan swart Suid-Afrikaners die meeste raak. Die DA het vroeër reeds aangedui dat hy nie die BTW-verhoging steun nie. LUISTER HIER:

 
 
 

Comments


bottom of page