Politieke partye lig hul standpunte oor die staatsregulering van godsdiens

In aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November het Suid-Afrikaanse politieke partye hul standpunte oor staatsregulering van godsdiens bekend gemaak.
Freedom of Religion South Africa het partye wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig word, oor voorstelle van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe uitgevra.
Die kommissie wil ’n raamwerk ontwikkel om aanspreeklikheid en selfregulering binne Suid-Afrika se godsdienstige sektor te bevorder.
Sewe partye het skriftelik gereageer.
Die ACDP, ActionSA, die ATM, die DA, die VF Plus en die UDM is teen wetgewing wat regskrag aan die proses sal verleen.
Bosa verwerp ook staatsregulering.
Die ANC het nie direk gereageer nie, terwyl verskeie ander partye nog nie hul antwoorde ingedien het nie.









Comments