Politieke partye sal Ramaphosa se Phala Phala-aansoek teenstaan
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 14
- 1 min read
Die EFF en die ATM sal president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek teenstaan om die Phala Phala-afsettingsproses te stop.
Die EFF beweer die aansoek toon dat Ramaphosa alle wetlike en politieke prosesse uitput om te verhoed dat hy ‘n afsettingsondersoek voor die parlement in die gesig staar. Die party voeg by dat die afsettingskomitee sy werk sal voortsit tensy die hof die interdik toestaan.
Die ATM se parlementslid, Vuyolwethu Zungula, sê sy party sal ook die aansoek teenstaan.
Rosestad-nuus het vroeër berig die president het dokumente by die Wes-Kaap-hooggeregshof ingedien om te verhoed dat die Nasionale Vergadering sowel as die afsettingskomitee met verrigtinge begin, terwyl sy hersieningsaansoek voor die howe is.
Die afsettingskomitee is gestig om Ramaphosa se gedrag rakende die Phala Phala-plaasdiefstal in 2020 te ondersoek.








Comments