top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Politieke partye verbind hulle tot die verkiesingsgedragskode in die Vrystaat

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 10
1 min read

Politieke partye in die Vrystaat het Vrydag in die Bloemfontein-stadsaal die amptelike gedragskode vir die munisipale verkiesing op 4 November onderteken.


Volgens Netwerk24 sê die Verkiesingskommissie se provinsiale bestuurder, Itumeleng Liba, die ondertekening is ’n openbare verbintenis dat partye, hul leiers en ondersteuners die verkiesingswetgewing sal nakom en hulle tydens die verkiesing gepas sal gedra.


Die proses sal in die komende weke ook by plaaslike munisipaliteite herhaal word, sodat onafhanklike kandidate die geleentheid kry om die kode te onderteken.


Die OVK sê 84 politieke partye sal aan die verkiesing in die Vrystaat deelneem.


Volgens die kommissie is 1 604 stemlokale gereed, met meer as 1,5 miljoen kiesers wat in die provinsie geregistreer is.


Die OVK sê die gedragskode vorm ’n belangrike deel van sy pogings om ’n ordelike, geloofwaardige, vrye en regverdige verkiesing te verseker.


Vrystaat Munisipaliteite. FOTO: Municipalities of South Africa
Vrystaat Munisipaliteite. FOTO: Municipalities of South Africa

 
 
 

Comments


bottom of page