Politieke partye verwelkom die besluit om vir Masemola te skors

Apr 24
1 min read
Politieke partye verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om die polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, te skors.
Die ANC sê hulle hoop die skorsing sal stabiliteit in die Suid-Afrikaanse Polisiediens bring en die VF Plus sê die skorsing was ’n beslissende besluit.
Rise Mzansi sê Masemola moes lank reeds geskors word. Intussen sê die Good-party se sekretaris-generaal, Brett Herron, dat Masemola uit sy posisie moet bedank.









Comments