top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Popcru verwelkom die hofuitspraak oor die Mangaung-korrektiewe sentrum

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 hours ago
  • 1 min read

Die vakbond Popcru het 'n hofuitspraak verwelkom in die voortdurende dispuut oor die staat se beplande oorname van die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein.


Volgens 'n mediaverklaring van Popcru het die Arbeidsappèlhof die Departement van Korrektiewe Dienste se aansoek van die hand gewys om 'n vorige hofuitspraak tydelik op te skort.


Die uitspraak het bevestig dat Artikel 197 van die Arbeidsverhoudinge-wet op die oorname van toepassing is. Dit beteken werknemers se regte en diensvoorwaardes moet beskerm word wanneer die sentrum van G4S na die departement oorgedra word.


Popcru sê die uitspraak is 'n belangrike oorwinning vir werkers en voer aan dat die departement die hofbevel moet nakom wanneer dié sentrum op 1 Julie oorgeneem word.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page