top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Popcru wil hof toe nadat sy lede werk by die Mangaung Korrektiewe Sentrum geweier is

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 2
  • 1 min read

Die vakbond Popcru gaan verdere regstappe doen om die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) te dwing om ten volle aan 'n Arbeidshofbevel te voldoen.


Dit kom nadat Popcru deur sosiale media verneem het dat die oorname van die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein op 1 Julie plaasgevind het, en dat werkers van die vakbond toegang tot die fasiliteit geweier is toe hulle die oggend vir diens aangemeld het.


Nova News berig die Vrystaatse Popcru-sekretaris, Sibongile Ramahlokoane, sê dit is 'n regstreekse oortreding van die Arbeidshofbevel, aangesien die departement voortgegaan het met die oorname sonder om uitvoering te gee aan die regte en beskerming van die betrokke werknemers.


Die departement het Woensdag se mediakonferensie, waartydens verduideliking oor die oorgang verwag was, uitgestel. 'n Nuwe datum is nog nie aangekondig nie.


FOTO: SABC News
FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page