Postbank moedig begunstigdes aan om hul Sassa-goudkaarte te vervang
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 28
- 1 min read
Postbank het begunstigdes van maatskaplike toelaes aangemoedig om hul Sassa-goudkaarte voor 31 Augustus met die nuwe Postbank Swartkaarte te vervang.
Die bank waarsku dat die goudkaarte ná die sperdatum nie meer sal werk nie, wat begunstigdes kan verhinder om toegang tot hul toelaes te kry.
Volgens Postbank bly daar net twee betalingsmaande oor voordat die ou kaarte ongeldig raak.
Die bank sê die vervangingsproses is gratis en beskikbaar by uitgesoekte winkels, waaronder Shoprite, Checkers, Pick n Pay, Boxer, Usave en Spar.








Comments