top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Premier besoek gesneuwelde Vrystaat-soldate se gesinne

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 18, 2025
  • 1 min read

Die Vrystaat se premier, MaQueen Letsoha-Mathae, het saam met LUR’e Ketso Makume en Monyatso Mahlatsi, die gesinne besoek van Vrystaatse soldate wat in die Oos-Demokratiese Republiek van die Kongo gesterf het. Central News berig die premier en haar afvaardiging het Maandag eerste die gesin van Ruiter Mokete Joseph Mobe besoek. Sy begrafnis vind Saterdag plaas. Daarna het hulle hulde gebring aan Stafsersant Molahlehi se gesin in Thaba 'Nchu. Sy begrafnis is Sondag. Die provinsiale regering help met die reëlings om ʼn waardige afskeid te verseker. Die premier beklemtoon dat die land sy helde moet eer en hul gesinne moet ondersteun.

 
 
 

Comments


bottom of page