top of page

Premier MaQueen Letsoha-Mathae waarsku amptenare dat hulle vervolg kan word

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jan 24
  • 1 min read

Die skerp armoede, onmenslike lewensomstandighede en hoë werkloosheidsyfers vereis blykbaar drastiese optrede van die Vrystaatse Provinsiale Regering. Volgens die Vrystaatse Regering se Facebook-blad het Premier MaQueen Letsoha-Mathae glo tydens ’n strategiese beplanningsessie senior en middelvlakbestuurders aangespreek. Sy het beklemtoon dat gevolge toegepas sal word op amptenare wat glo nie hul pligte nakom nie. Die huidige regering prioritiseer blykbaar dienslewering en die herlewing van Batho Pele-beginsels. Premier Letsoha-Mathae het haar passie vir dienslewering glo beklemtoon en gepleit dat dienste nader aan gemeenskappe gebring word. Adjunkminister Seiso Mohai het blykbaar gewaarsku dat hoë jeugwerkloosheid politieke opportunisme moontlik kan aanwakker en glo genoem dat hierdie uitdagings met verantwoordelikheid bestuur moet word

 
 
 

Comments


bottom of page