Premier prys polisie ná redding van Bloemfontein-tiener
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 28
- 1 min read
Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, het die polisie geprys ná die suksesvolle redding van die 19-jarige Kamogelo Baukudi.
Dit nadat die Gr 11-leerling aan die Martie du Plessis Skool ongedeerd Vrydag in Wepener gevind is.
Die Graad 11-leerder is vroeër vandeesmaand ontvoer terwyl hy op pad huis toe was.
Ná ‘n intensiewe soektog is ses verdagtes in hegtenis geneem, insluitend ‘n polisiebeampte wat aangekla is van ontvoering en afpersing.
Letsoha-Mathae sê die voorval beklemtoon die erns van jeugbetrokkenheid by misdaad.
Sy voeg egter by sy het vertroue in die polisie se vermoë om misdadigers aan te keer.





Comments