top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Premier Saul se onteieningskommentaar stook ’n stryd met die VF Plus

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 14, 2025
  • 1 min read

Onteieningsuitlatings van Noord-Kaap-premier Zamani Saul het VF Plus ontstel. Volgens Netwerk24 het Saul gesê die voormalige NP-regering het plase waarop die Gariep- en Vanderkloofdamme, sowel as Orania, gebou is, sonder vergoeding bekom. Hy het die grootskaalse onteiening van grond onder apartheid genoem en verwys na die onteiening van die plaas Vluytjeskraal in 1963 om ’n dorp vir regeringswerkers te bou. Saul beweer daar is geen bewyse van vergoeding nie. In 1991 is Orania glo aan private individue vir R1,3 miljoen verkoop. Verder het hy beweer die Grond Ruigtevallei is in 1963 onteien vir die Gariepdam en Doornkuilen in 1970 vir die Vanderkloofdam. VF Plus se Theo Joubert het die bewerings betwis en beloof om besonderhede oor die navorsing aan Saul te deel.

 
 
 

Comments


bottom of page