President Donald Trump is nog perdfris en gesond
- Armando Pieters

- Sep 3
- 1 min read
President Donald Trump van Amerika is nog perdfris en gesond. Hy het gister gesê berigte op sosiale media dat hy sukkel met sy gesondheid, is onwaar.
Netwerk24 berig hy het aan verslaggewers by die Oval Office gesê hy was oor die naweek baie aktief.
Onder andere is 'n foto van ’n vlag wat halfmas buite die Withuis hang as bewys voorgehou dat Trump dood is. In werklikheid het Trump verlede week ’n proklamasie uitgereik wat gelas het dat vlae by die Withuis, militêre basisse en vlootstasies oor die land heen halfmas moet hang ter ere van die slagoffers van die skoolskietery in Minneapolis.
Die fopnuus het steeds die rondte gedoen ná Trump se mediakonferensie gister. Selfs kort na die konferensie het een sosialemedia-rekening valslik beweer dat die Withuis pas aangekondig het dat die president dood is.
Trump is op 79 die oudste persoon tot nog toe wat die amp as Amerikaanse president inneem.





Comments