President Ramaphosa doen ‘n beroep op versterkte ekonomiese bande tussen Suid-Afrika en Zimbabwe
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 30
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep op meer samewerking en beleggings deur beide die Zimbabwiese en Suid-Afrikaanse privaatsektor. Dit is om die hoeveelheid handel tussen die twee lande te maksimeer. Ramaphosa het gister die oproep by die Zimbabwiese Landbouskou in Harare gemaak. Hy doen verder ‘n beroep op verhoogde belegging in die voorsiening van saad, besproeiingskemas en landbouverwerking vir die streek om veerkragtigheid te bou in die nastrewing van voedselsekerheid.





Comments