President Ramaphosa kritiseer DA vir Nasionale Dialoog-boikot
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 5, 2025
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het die DA na aanleiding van hul besluit om die Nasionale Dialoog te boikot gekritiseer. Ramaphosa het Vrydag in Pretoria in Gauteng tydens ‘n gesamentlike mediakonferensie met die Oostenrykse president, Alexander van der Bellen, gepraat. Ramaphosa sê die DA se onttrekking aan die dialoog kom neer op skynheiligheid en ʼn tekort aan goeie beginsels. Volgens Netwerk24 het die DA verlede week aangekondig hy sal nie meer aan die nasionale dialoog deelneem nie en sê een van die redes is dat dit 'n 2026-verkiesingsveldtog van die ANC gaan wees. DA-leier en minister van landbou, John Steenhuisen, het na die geleentheid aan media gesê, die nasionale dialoog, sal net nog pratery wees. Volgens Steenhuisen gaan werkloosheid steeds hemelhoog wees en mense gaan steeds in armoede lewe. Hy het verder gesê ‘n dialoog gaan nie die mense voed of 'n enkele huis bou of werkgeleenthede skep nie.






Comments