top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

President Ramaphosa sê die regering moet verantwoordelikheid vir geslagsgebaseerde geweld aanvaar

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
52 minutes ago
1 min read

President Cyril Ramaphosa sê die regering moet verantwoordelikheid aanvaar om vroue teen geslagsgebaseerde geweld te beskerm.


Die president het vandag sy eerste openbare verskyning gemaak by ’n fondsinsamelingsgeleentheid van die ANC in Woodmead, nadat hy verlede week siekverlof geneem het.


Hy sê vroue verdien om veilig te voel in hul huise en op straat, en die regering moet optree wanneer dit nie die geval is nie.


Ramaphosa sê die regering sal nie verskonings aanvoer vir die mishandeling, verkragting en moord op vroue nie.


LUISTER HIER:

Cyril Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page