top of page




ATM vra dat president Cyril Ramaphosa bedank.
Die African Transformation Movement (ATM) vra dat president Cyril Ramaphosa bedank ná die jongste verwikkelinge rondom die Phala Phala-skandaal. Volgens Maroela Media volg dit nadat ’n verslag oor die saak vroeër vanjaar gedeklassifiseer is, hoewel dit nie volledig aan die publiek beskikbaar is nie en slegs deur regsprosesse verkry kan word met sekere dele wat uit geswart is. Die ATM meen die inhoud van die verslag wek ernstige vrae oor aanspreeklikheid en leierskap, en dat R

Saamgestel deur Armando Pieters
4 days ago


Midde-Ooste: Ramaphosa vra vir 'n skietstaking
President Cyril Ramaphosa het ’n onmiddellike skietstaking versoek in die eskalerende oorlog tussen Amerika, Israel en Iran. Hy beskryf die konflik as ’n gevaarlike bedreiging vir wêreldwye stabiliteit en streeksvrede. Central News berig tydens ’n gesprek met senior ANC-leiers en kundiges in internasionale betrekkinge het Ramaphosa alle betrokke partye aangemoedig om na die onderhandelingstafel terug te keer en militêre optrede te staak wat burgerlike lyding veroorsaak en wye

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 29


Ramaphosa kom Bloemfontein besoek
President Cyril Ramaphosa en lede van die nasionale kabinet kom Bloemfontein besoek. Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, sê in ‘n meidaverklaring die besoek is vir die einde van die maand by die Eeufeeskompleks op die Universiteit van die Vrystaat geskeduleer. Volgens die premier vorm die besoek deel van pogings om samewerking tussen nasionale, provinsiale en plaaslike regering te versterk. Verskeie sake sal na verwagting bespreek word, insluitend ekonomiese ontwi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 10


Die opbrengs van vanjaar se Presidensiële Gholfuitdaging sal 622 skole ondersteun
President Cyril Ramaphosa sê die opbrengs van vanjaar se Presidensiële Gholfuitdaging sal 622 skole deur die Adopt-a-School-program ondersteun. Die fondsinsamelingsgeleentheid vind gewoonlik ʼn dag ná die Staatsrede plaas. Die geleentheid is Vrydag by die Atlantic Beach Golf Estate in Melkbosstrand in die Wes-Kaap gehou. Die doel was om geld in te samel vir die Cyril Ramaphosa-stigting om skoolinfrastruktuur, insluitend sanitasiegeriewe, te verbeter. Adopt-a-School Foundation.

Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 14
bottom of page

