President spreek SA toe oor bewerings teen polisie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 11
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa gaan eers verskeie konsultasies onderneem voordat hy gaan reageer op die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, se plofbare bewerings teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Netwerk24 berig die presidensie het Donderdag laat weet Ramaphosa sal die nasie Sondagaand om sewe-uur toespreek.
Dit kom nadat Mkhwanazi die afgelope Sondag tydens 'n mediakonferensie in Durban ernstige beskuldigings teen hooggeplaaste politici en polisiebevelvoerders gemaak het, onder wie die minister van polisie, Senzo Mchunu.
Hy beskuldig Mchunu van politieke inmenging en beweer dat die polisietaakspan wat politieke moorde ondersoek het, ontbind is omdat die eenheid 'n sindikaat ontmasker het wat bande met politici, wetstoepassers, aanklaers en regters het.





Comments