top of page

Prins Harry bedank uit Lesotho-liefdadigheidsorganisasie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 27
  • 1 min read

Die Britse Hertog van Sussex, Prins Harry, het uit die liefdadigheidsorganisasie Sentebale bedank ná ’n geskil tussen die trustees en die voorsitter van die raad. BBC berig Prins Harry en Prins Seeiso van Lesotho het Sentebale in 2006 ter ere van oorlede Prinses Diana gestig om mense in Lesotho met MIV en Vigs te help. Die naam Sentebale beteken "forget me not" in Sesotho. Prins Harry en Prins Seeiso het bedank nadat hul verhouding met die voorsitter, Sophie Chandauka, onherstelbaar verbrokkel het. Sy is gevra om te bedank, maar het besluit om regstappe te neem om haar posisie te behou. Chandauka het die trustees by die Britse liefdadigheidskommissie aangemeld oor beweerde magsmisbruik, afknouery en diskriminasie. Die kommissie ondersoek die saak, terwyl Sentebale sy raad herstruktureer en sy fokus op jeugontwikkeling in Lesotho uitbrei.

 
 
 

Comments


bottom of page