top of page

Prins Harry vat weer die Britse media aan

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 20
  • 1 min read

Prins Harry is by die Londense Hooggeregshof in 'n regsgeding teen een van Brittanje se grootste koerantgroepe.


Nova News berig Harry vat Associated Newspapers Ltd, die uitgewer van die Daily Mail en Mail on Sunday, aan oor die koerante na bewering op 'n onwettige manier inligting verkry het.


Onder andere gaan Sir Elton John saam met Harry in die geskiedkundige hofsaak getuig. Hulle beweer die koerantgroep het private speurders aangestel om inluister-toestelle te gebruik om in voertuie en private foonoproepe af te luister, en om individue na te boots ten einde vertroulike mediese inligting te verkry.


Associated Newspapers bestempel die aantygings as belaglik.


Die saak is 'n hoogtepunt in Harry se jare lange stryd teen die Britse media sedert sy ma, Prinses Diana, in 1997 in 'n motorongeluk oorlede is nadat paparazzi haar agtervolg het.


Prins Harry en Elton John. FOTO: BBC
Prins Harry en Elton John. FOTO: BBC

Comments


bottom of page