Privaatskole sal gedwing word om te deregistreer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 4, 2025
- 1 min read
Nie net gaan privaatskole in Suid-Afrika wat vir BTW geregistreer is gedwing word om te deregistreer nie, hulle gaan ook vorige BTW-eise aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet terug betaal.
Volgens BusinessTech is dit as gevolg van ‘n belastingverandering wat in die 2025-belastingwette voorgestel word.
Die wette poog om foutiewe BTW-eise deur skole om te keer.
Baie skole eis tans BTW terug op uitgawes en kommersiële aktiwiteite. Nuwe wysigings sal dit egter verander.
Volgens die Nasionale Tesourie sal alle BTW-geregistreerde skole teen 1 Januarie 2027 vir BTW moet deregistreer en die SAID moet begin terugbetaal.
Skoolliggame en verteenwoordigende groepe het gewaarsku dat dit geweldige finansiële druk op hierdie skole sal plaas en tot selfs hoër fooie kan lei.







Comments