Probleme met vullisverwydering in Bloemfontein duur voort
- Saamgestel deur Jana Roos

- May 5
- 1 min read
AfriForum berei voor om die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit hof toe te neem oor volgehoue probleme met vullisverwydering in Bloemfontein.
Luidens 'n verslag van AfriForum ontken die metro dat daar ’n krisis is en hou vol inwoners moet steeds vir die diens betaal, selfs wanneer hulle privaat verskaffers gebruik. Dit kom nadat AfriForum ‘n hofaansoek oor volgehoue mislukking van vullisverwyderingsdienste gebring het.
AfriForum sê die werklikheid is anders en waarsku oor gesondheids- en veiligheidsrisiko’s.
AfriForum se Bloemfontein-distrikskoördineerder, Christo Groenewald, sê inwoners word effektief dubbel belas. Hy sê AfriForum wil hê die hof moet bevestig dat mense nie hoef te betaal vir dienste wat nie gelewer word nie.








Comments