top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

ProNutro word van SA rakke verwyder

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
2 minutes ago
1 min read

Ná meer as ses dekades word 'n Suid-Afrikaanse stapelvoedsel, ProNutro, gestaak. PepsiCo sê in 'n verklaring die besluit volg ná die bekendstelling van sy nuwe generasie ProNutro vroeër vanjaar.


SABC News berig volgens die groep het verbruikers kommer uitgespreek oor die nuwe produk se smaak, tekstuur en hoe maklik dit meng.


PepsiCo het Pioneer Foods Group, wat ProNutro besit het, in 2020 oorgeneem. Die maatskappy sê hy het verskeie maniere ondersoek om die oorspronklike produkervaring terug te bring, maar kon nie die oorspronklike smaak en tekstuur herskep nie.


Ná wat die maatskappy beskryf as ’n lang en deeglike hersieningsproses, sal ProNutro dus ná 64 jaar in Suid-Afrika gestaak word.


FOTO: SABC News
FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page