Prosesse verloop glad vir implementering van Bela-wet
- Armando Pieters

- Feb 5
- 1 min read
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê prosesse vir die volle implementering van die Bela-wet verloop glad. Sy sê haar departement is besig om regulasies op te stel nadat president Cyril Ramaphosa die volle wet laat verlede jaar bekragtig het. Daar is steeds groot omstredenheid rondom twee klousules in die wet wat gaan oor skole se taal- en toelatingsbeleide. Die minister sê alle regulasies sal eers vir openbare kommentaar beskikbaar gemaak word.





Comments