Publiek-private vennootskappe kan die weermag help moderniseer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 21
- 1 min read
Publiek-private vennootskappe kan help om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te moderniseer en jare se onderbefondsing aan te spreek.
Dit volgens die adjunkminister van verdediging en militêre veterane, Bantu Holomisa, by Dinsdag se Verdedigingsbedryf Lekgotla.
Holomisa sê dié vennootskappe kan help om militêre behuising, gesondheidsfasiliteite, logistieke infrastruktuur en toerusting te ontwikkel, terwyl verdedigingsbates onder staatsbesit bly.
Hy voeg by die weermag kan nie net op bykomende Tesourie-befondsing staatmaak nie en moet innoverende finansieringsmodelle ondersoek.
Holomisa het ook gevra vir groter beleggings in die jeug, tegnologie en die plaaslike verdedigingsbedryf om Suid-Afrika se verdedigingsvermoë te versterk.








Comments