top of page

Puttoilette in Thaba Nchu bly 'n probleem

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 15
  • 1 min read

Inwoners van Thaba Nchu ervaar probleme met puttoilette, met onlangse swaar reën wat die toestande vererger het en gemeenskappe aan ernstige gesondheidsrisiko’s blootstel.


Netwerk24 berig die waarnemende hoofwoordvoerder van die Mangaung-metro, Nicolette Maysiels, het by navraag gesê die metro is bewus van die probleem en is besig om die aantal geraakte gebiede te kwantifiseer. Weens die swaar reën is 90% van die puttoilette se kapasiteit nou met modder gevul.


DA-raadslid in die metro, Kabelo Moreeng, sê die metro het slegs een vragmotor wat werk om byna ses woongebiede en 45 trustgebiede te bedien. Dit beteken dat die wagtyd vir ’n toilet om leeggemaak te word tot twee maande kan duur. Hy sê stagnerende afval en reënwater verhoog die risiko op cholera, diarree en tifus.


Moreeng sê ondanks herhaalde waarskuwings, is geen noodingrypings onderneem nie. Dié versuim ondermyn die grondwetlike reg op waardigheid, gesondheid en veilige sanitasie.


Ter illustrasie. FOTO: HomeBiogas
Ter illustrasie. FOTO: HomeBiogas

Comments


bottom of page