top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

R1,2 miljard word vir VS padprojekte toegeken

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 25, 2025
1 min read

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, het aangekondig aan dat R1,2 miljard in die Vrystaatse begroting beskikbaar is vir spesiale onderhoudsprojekte. Die Vrystaatse regering verduidelik op sy Facebook-blad dat hierdie fonds fokus op die rehabilitasie van paaie wat agteruitgaan en voortydig versleg as gevolg van verhoogde vragverkeer. Mbalula verduidelik dat die spesiale projekte ontwerp is om die lewensduur van bestaande paaie te verleng en gemeenskappe wat afhanklik is van veilige en doeltreffende infrastruktuur, te ondersteun. Een van die projekte sluit die opknapping van die R76-pad tussen Steynsrus en Kroonstad in, wat as 'n voorbeeld dien van die groter doel van die program. Hierdie projekte skep plaaslike werksgeleenthede en bevoordeel gemeenskappe deur beter padtoegang te verseker.

 
 
 

Comments


bottom of page