Raad op Gesondheidsberoepe wil Wouter Basson-saak heropen

Jun 2, 2025
1 min read
Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die Raad op Gesonheidsberoepe gaan weer sy dissiplinêre ondersoek teen dokter Wouter Basson instel. Basson is ʼn kardioloog en die eertydse hoof van die weermag se chemiese en biologiese wapenprogram. EFF-LP, Carl Niehaus, wou in die Nasionale Vergadering weet waarom Basson steeds praktiseer. Dit nadat die raad Basson reeds in 2013 aan ernstige professionele wangedrag skuldig bevind het en aanbeveel dat sy mediese lisensie teruggetrek word. Ná verskeie hofuitsprake ten gunste van Basson, sukkel die raad glo al sedertdien om die lisensie terug te trek.








Comments