Ramaphosa betuig solidariteit met die DRK
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 3
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het solidariteit met die regering en die mense van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) betuig terwyl die land die voortdurende Ebola-virus-uitbreking beveg.
Ten minste 438 mense het hul lewe sedert Mei aan die epidemie verloor.
Ramaphosa het ’n veelpartygesprek oor Ebola in die DRK gelei. Hy het hulde gebring aan die gesondheidswerkers wat hard werk in die stryd teen die Ebola-virus.
LUISTER HIER:
Intussen het die DRK behandelingsproewe vir die Bundibugyo-stam van die Ebola-virus begin. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê dit is ’n mylpaal in die stryd om die epidemie in die land te beëindig.
Vanjaar se uitbreking het meer as 1 400 mense in die DRK besmet.
Die WGO sê die proefbehandeling kan maande neem om te voltooi en sluit meer as eenduisend pasiënte in.








Comments