top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa bly om te hoor baie Afrikaners wil bly

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 17, 2025
1 min read

President Cyril Ramaphosa sê dit is verblydend om te hoor daar is baie Afrikaners wat sê dat hulle in die land wil bly. Hy hou vol dat die Amerikaanse president, Donald Trump, se uitvoerende bevel teen Suid-Afrika op waninligting gegrond is, en is dit dus positief om te hoor dat Afrikaners hulself in Amerika wil gaan verduidelik. Hy voeg by die uitvoerende bevel word nie ligtelik opgeneem nie en is iets wat die regering en baie Suid-Afrikaners bekommerd laat. Die afvaardiging wat na die VSA sal reis om die regering se saak te stel is nog nie gefinaliseer nie, maar daar word vermoed dat dit Afrikaners sal insluit.

 
 
 

Comments


bottom of page