top of page

Ramaphosa bring hulde aan David Mabuza

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 13, 2025
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het tydens sy lofrede by die voormalige adjunkpresident, David Mabuza, se staatsbegrafnis hom as ‘n vereniger van die nasie beskryf. IOL berig die begrafnis is Saterdag by Hoërskool Bergvlam in Mbombela, Mpumalanga, gehou. Ramaphosa het Mabuza geprys vir sy toewyding aan openbare diens en sy verbintenis om die lewens van gewone Suid-Afrikaners te verbeter. Volgens die president was hy 'n man met skerp intellek, diep pragmatisme en stille vasberadenheid. Mabuza is verlede Donderdag in die ouderdom van 64 na ‘n kort siekbed in die hospitaal oorlede.

 
 
 

Comments


bottom of page