Ramaphosa eis ingryping by wêreldwye onderwysbefondsing
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 11
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa doen 'n beroep vir 'n ingrypende hervorming van die wêreldwye befondsing van onderwys. Hy gewaarsku dat gehalte-onderwys nie vir miljoene mense buite bereik mag bly weens armoede, ongelykheid en swak openbare finansies nie.
Volgens Inside Education het Ramaphosa gister tydens die vergadering van die Hoëvlak-Stuurgroep vir Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit by UNESCO se hoofkantoor in Parys gesê onderwys is sentraal tot die bereiking van die breër Verenigde Nasies se 2030-Agenda. Hy het lande aangemoedig om beleggings in veerkragtige onderwysstelsels te versterk.
Ramaphosa sê gehalte-onderwys moet 'n openbare bate bly en nie 'n voorreg wees wat slegs beskore is aan dié wat dit kan bekostig nie.








Comments