top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa gaan omstrede Bela-wet onderteken

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 13, 2024
1 min read

President Cyril Ramaphosa gaan die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette – oftewel Bela – Vrydagoggend by die Uniegebou in Pretoria onderteken. SABC-nuus berig die Presidensie sê die wetsontwerp het ten doel om die bestuur van die onderwyssektor te versterk. Politieke partye is egter verdeeld oor die wetsontwerp. LEES MEER: Bela: Solidariteit beloof om vir onderwysers te veg Die DA sê die Bela-wetsontwerp in sy huidige vorm het onder meer grondwetlike implikasies vir die reg op moedertaalonderrig. LEES MEER: Dreigende regstappe as Ramaphosa die onderwyswetsontwerp onderteken Ander politieke partye, soos die PAC en MK-party, het die wetsontwerp verwelkom. Die MK-party sê dit is ‘n deurslaggewende stap vir gehalte- en inklusiewe onderwys vir alle Suid-Afrikaanse leerders.

 
 
 

Comments


bottom of page